Om ‘n Ouma te hê…

This is the original essay in Afrikaans, as referred to in  “Spiced biscuits, Cutex remover and hairspray.”

 

Deur Pauli Havemann, 17 jaar

 

Dit was ‘n lang pad ek onthou. Elke boompie, telefoonpaal en plaasopstal het ek geken. Dit was die langste pad maar die lekkerste pad, want ek het geweet, daar in haar ouetehuis woonstelletjie wag Ouma. Alleen.

Herinneringe. Die blommetjie op my kussing, smarties op die Kassie, dit was alles Ouma se handewerk. Om ‘n ouma te he vir my het beteken: ‘n storie voor slaaptyd, ‘n bekertjie warm vla, ‘n troos as ma bietjie kwaai was en …… ‘n glimlag vol liefde.

Tyd bepaal alles my kind, het sy gese. Ek kon dit nie begryp nie, waarom bepaal tyd dan alles? Nou ‘n paar jaar later weet ek: Tyd beteken oudword. Die lang pad na Ouma toe het later verander na ‘n spring gou-gou-in-die-kar-rit na die ouetehuis in ons dorp. Smarties, blommetjies, stories en bekertjies vla was iets van die verlede. Daar was geen warm woonstel meer nie. Net ‘n vaal hospitaalbed in die siekeboeg van die ouetehuis. Soek jy na ‘n glimlag vol liefde, het jy ‘n ongelukkige kyk deur halfmas, verlepte, vaal blou oe gekry. Toe besef ek met ‘n skok dat Ouma se woorde “Moed hou my kind, volhard” nie meer in haar woordeskat was nie. Die wil was weg. Die wil om te lewe.

Dan dink ek Ouma was die een wat gese het dat jou familie jou lewe is. Ek verstaan nie. Ons was tog nog daar vir haar. Meteens besef ek om ‘n ouma te he is om te weet wat beteken tyd. Al die woordeboeke en ensiklopidiee kan maar se wat hulle wil, tyd is om lief te he, te leef, te groei, gelukkig te wees, hartseer te wees en ook, tyd is …… om oud te word.

Dankie liewe Ouma vir alles. Nou sit sy nie meer leweloos in haar hospitaalbed nie. Maar haar oe blink weer. Sy dans en sy sing. Die glimlag vol liefde is nou breer as ooit. Ek weet nou sy het geleef, gelukkig geleef, liefgehad, maar ek weet nou….. Tyd het verloop.

Comments
  1. 2 years ago

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *